Clanwilliam Agri-Expo

Test post
December 16, 2016
Rooibosdag Sukses!
February 20, 2017

Baie welkom by die jaarlikse Clanwilliam Agri-Expo, dit is vir ons as bestuur en borge ‘n voorreg om hierdie 86ste Expo aan te bied.

Soos in die verlede bied ons ‘n groot verskeidenheid van Boerbokke, Vleismerino’s, Perde, Damaras, Dorpers, Jeugskou en dan natuurlik goeie vermaak vir oud en jonk aan.

Groot nuus: Wes-Kaap se Vlaamperd Streek Skou word hierdie jaar in Clanwilliam tydens die Clanwilliam Expo aangebied.

Ons as skoubestuur is ook baie opgewonde oor die betrokkenheid wat Departement Landbou hierdie jaar by die skou gaan hê. Daar sal ‘n verskeidenheid uitstallings en kursusse aangebied word onder leiding van Departement Landbou Weskaap. Ons nooi ook Hoërskool leerlinge uit wat belangstel in Landbou studies na skool. Meer inligting sal later deurgegee word.

Loer gerus na die verskillende afdelings, kompetisies en vermaak.