Clanwilliam wys waarvoor hy bekend is tydens vanjaar se Freshpak Fitness Festival

Jaarvergadering
February 20, 2017
Eagles en Delicious maak reg vir die groot uitdaging
October 3, 2018

Op Saterdag, 29 September, het die Freshpak Fitness Festival vir die 32ste jaar op Clanwilliam plaasgevind.

Soos elke jaar het Clanwilliam die deelnemers gewys waarvoor die dorp bekend staan – die warmte. Daar was ’n voorspelling van 38 grade vir die dag, maar met al die veldmaarskalke by hul waterpunte om die deelnemers van genoeg water te voorsien en die dam se water wat ’n koel 17 grade was, het alles vlot verloop.

Nicholas Quenet was eerste die wenstreep gehaal in die triathlon met Dean Hopf in die tweede plek. Dean het ook eerste plek in die duathlon verower. Michelle Krebs was die eerste vrou oor die wenstreep vir die triathlon met Jessica Ashley-Cooper in die tweede plek. Jessica, ’n Suid-Afrikaanse swemmer, was een van die BBP-gaste by die jaar se driekamp. In die biathlon-afdeling is Almari de Milander aangewys as vroulike wenner en Douglas Burger was die wenner van hierdie afdeling.

Afternoon Express aanbieder, Danilo Acquisto, het vanjaar deelgeneem aan die triatlon. Marco Spaumer – Tim van Suidooster – was ook by vanjaar se driekamp aanwesig en het homself geniet in die kuierarea saam met die deelnemers.