Sluit Aan By Ons

Redes Hoekom Jy Moet Aansluit

Hoekom Clanwilliam Sakekamer?

Steeds onseker? Lees gerus meer oor Clanwilliam Sakekamer hieronder:

Clanwilliam Sakekamer het sy ontstaan op Donderdag 26 Julie 1984 gekry, toe ‘n stigtingsvergadering van die Clanwilliam Afrikaanse Sakekamer in die Criterion gebou plaasgevind het. 

Lede wat aansluit by Clanwilliam kan die volgende lede-voordele geniet:

  • Toegang tot Clanwilliam Sakekamer se weeklikse nuusflits.
  • Advertensiespasie in Clanwilliam Sakekamer se weeklikse nuusflits.
  • Gratis advertensie op Clanwilliam Sakekamer se sosiale media platforms.
  • Afslag op die die AHi se MyAHi-platform.
  • Eksklusiewe afslag as ‘n lid by sekere besighede in Clanwilliam koop.
  • Toegang tot netwerksgeleenthede in en om Clanwilliam.

Clanwilliam Sakekamer is vanjaar 37 jaar oud. Hier is ‘n paar hoogtepunte:

  • 1956:  Ontstaan van die jaarlikse Veldblommefees op Clanwilliam wat tot vandag ’n hoogtepunt op die kalender van Clanwilliam is.
  • 1987:  Eerste driekamp word aangebied en het twee jaar gelede ten einde geloop.
  • 1987:  Die destydse tronkgebou word omskep in ’n museum en die eerste museumkomitee word aangestel.
  • 1988:  Eerste netbaltoernooi word aangebied en word nou nog jaarliks gehou!  Voorwaar ’n prestasie.
  • 1989:  Die sakekamer ondersoek die vestiging van ’n inligtingsentrum, wat tot vandag ’n trotse instelling van Clanwilliam Toerisme is.
  • 1990:  Gesprekke en inligtingssessies oor die verhoging van die Clanwilliam Damwal!!  Is dit moontlik dat in 2020 (30 jaar later) dit nog nie ’n werklikheid geword het nie!!
  • 1994:  Clanwilliam kry hul eie voertuigtoetsstasie.
  • 1996:  Eerste Leipoldtfees word aangebied (later Cederbergfees), maar moet ongelukkig weens gebrek aan fondse in 2015 die handdoek ingooi.
  • 2014:  Clanwilliam 200-jarige feesvieringe.
  • 2019:  Eerste Rooibos2Muisbos fietswedren tussen Clanwilliam, Graafwater  en Lambertsbaai.

Dit is ‘n jaarlikse instelling van Clanwilliam Sakekamer waar ons Clanwilliam se Besigheid van die Jaar, asook Entrepreneur van die Jaar aankondig.
As ‘n lid van Clanwilliam Sakekamer kry jy toegang tot die gala-aand!